top of page

SONA 2026

  • Writer: Chris Botha
    Chris Botha
  • Feb 14
  • 1 min read

By Chris Botha


mense

help my dink asseblief

want ek verstaan dalk verkeerd


ek hoor ons president sê

ons land se munisipaliteite faal

en hy gaan nou van bo af ingryp


ons president

is egter eerstens die president

van ‘n politieke party wat dominantheid gewoond is

maar wat toenemend beheer verloor

afhanklik word van koalisies

en met alles só misluk

dat als waaraan

hulle vat

vrot


dit lyk vir my of

demokratiese sentralisme

wat die party se verklaarde beleid is

en die nasionale demokratiese revolusie

wat saam die president en sy party se

totale-beheer-instrumente uitmaak

in gevaar is


en dit lyk vir my

hierdie mislukkende president

en sy mislukkende party

het erg moeilikheid

op plaaslike vlak


en nou wil ons president en sy party van bo af ingryp?


ai

ek verstaan sekerlik verkeerd …

Comments


Disclaimer

Advertisements displayed on this site are the sole responsibility of the third party and are not endorsed by Compassionate Confronter or its staff. The views and opinions expressed by authors in published articles are their own and do not necessarily reflect those of the editors or affiliated staff. This is an informative journal presenting a range of perspectives.

bottom of page